GO GEORGE berei gemeenskap voor vir busdiens

Parkdene

Die GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes is besig met ’n deur tot deur veldtog in die gemeenskap

Die lang wag vir die busse is amper verby – inwoners van Parkdene, Ballotsview, Conville, Borcherds en Lawaaikamp sal komende Sondag, 28 April 2019, die busse by hul woonbuurte sien indraai.

So ver hulle oor die afgelope week aan deure geklop het, is die GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes (champions) met groot opgewondenheid en afwagting ontvang, met families wat in goeie luim hul Paaseiers gedeel het met personeel wat oor die Paasnaweek gewerk het!

Lawaaikamp 2

Die Champions verduidelik hoe die busstelsel werk en hoe passasiers hul ritte kan beplan wanneer die busdiens op Sondag 28 April 2019 na hul omgewing uitrol

 

Weens die openbare vakansiedae van die afgelope weke was al die voorbereide inligtingsmateriaal nog nie terug van die drukkers toe die span hul toer deur die gebied begin het nie, maar hulle sal seker maak dat die huise wat reeds besoek is ook hul Fase 4B-gebruikersgids en -tydroosters sal ontvang.

Spesiale poging om Slimkaart na die mense te neem

Om die uitrol van Fase 4B te vier, sal passasiers regoor die stelsel gratis bus ry van 28 tot 30 April as hulle hul Slimkaarte toon met die opklimslag. Om passasiers in die 4B-gebied te help om hul

Slimkaarte betyds vir hierdie spesiale aanbod te bekom, word een van die mobiele Slimkaartvoertuie vir bykans twee weke beskikbaar gestel om te roteer tussen vaste staanplekke in die gemeenskap om kaarte te verkoop en ritte te laai. ‘n Pamflet met die skedule en staanplekke word hierdie week versprei. Daar is twee staanplekke in Nelson Mandelaboulevard, een by Heidedal Primêre Skool en een by Parkdene Sekondêre Skool.

Lawaaikamp

Bystand vir nuwe passasiers

Die passasiersdiensbeamptes sal van die heel eerste dag af by die bushaltes en op die busse wees om passasiers by te staan en vertroud te maak met die nuwe manier van reis regoor die dorp, op ’n geskeduleerde busdiens. Indien iemand onseker voel en hulp benodig met roetebeplanning, kan hulle ook die GO GEORGE-inbelsentrum skakel by 0800 044 044.

Community engagement

Previous Article

Next Article