PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

GO GEORGE berei leerders voor vir veiligheid op bus

24
Feb '21
School route education at Mall

 

School route education Pacs Secondary

 

Die GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes het elke skool se spesifieke roetekaart uitgedeel en verduidelik aan leerders wat uit verskillende gebiede in die dorp bus ry skool toe.

 

Die 2021-skooljaar het uiteindelik begin met alle leerders wat verlede week teruggekeer het skool toe. Met die meeste skole wat bywoning roteer, was die gewone toename in buspassasiers nie vanjaar so merkbaar nie, maar GO GEORGE was gereed om die jong passasiers weer aan boord te verwelkom, met die fokus op roetebeplanning vir die nuwe pendelaars, en Covid-veiligheid vir almal.

GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes is by alle bushaltes naby skole geplaas om skool-spesifieke roetekaarte uit te deel en toe te lig. Die nuwe GO GEORGE-superheld, The Sanitiser, het vir baie pret gesorg met sy ontsmetting van die leerders se hande met sy speelgoed-waterpistool terwyl die belangrikheid van handreiniging versterk is deur sakgrootte botteltjies met handreiniger uit te deel.

Enige individue, skole of sakeondernemings wat meer inligting oor die gebruik van die busdiens benodig, is welkom om die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel vir hulp, of om ‘n besoek van die kommunikasiespan aan te vra.

 

 

 

Die GO GEORGE- passasiersdiensbeamptes met hul nuwe superheld, The Sanitiser, het verlede week met leerders by alle bushaltes naby skole geskakel. Die jongklomp was duidelik goed voorbereid, het hul maskers gedra en heel gewillig hande gehou vir ‘n ontsmettingspuit van The Sanitiser se speelgoed-waterpistool.

Latest news