PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

GO GEORGE herlei busse vir rolstoelmaraton

10
Feb '20

GO GEORGE sal tydelike veranderings aan sekere roetes aanbring om die Outeniqua-rolstoelmaraton (OCC) op Saterdag 15 Februarie 2020 te akkommodeer.

Die impak van hierdie jaarlikse gebeurtenis op die busdiens is vanjaar minder, danksy veranderinge aan die resiesroete met die begin- en eindpunt by Carpe Diem-skool in Langstraat. Hier onder volg ‘n opsomming van die roetes wat geraak word.

Roete 9 Industrial Loop

Alle geskeduleerde ritte op hierdie roete, omgekeerde (reverse) ritte ingesluit, sal kloksgewys (forward) ry tot 12:00. Alle bushaltes aan die kant van die straat wat gediens word deur die omgekeerde roete sal gesluit word vir die duur van die wedloop.

Roete 13 City Loop F & R

As gevolg van die sluiting van Uniestraat tussen Meade- en Yorkstraat tot 12:30, sal roete 13 F uit Uniestraat regs draai in Meadestraat, links in Palgravestraat, links in Yorkstraat, regs in Plattnerboulevard, en van daar af soos gewoonlik voortgaan. Roete 13 R sal dieselfde roete omgekeerd volg.

Roetes 53 Rosemoor en 53B Rosemoor Express

As gevolg van die gedeeltelike sluiting van Parkweg voor Blue Mountain, sal hierdie twee roetes via Knysnaweg ry wanneer dit van die Garden Route Mall vertrek, links draai in die CTM-serwituutpad en regs in Parkweg om die normale roete van daar af voort te sit. Dieselfde herleiding sal geld vir ritte uit die dorp in die rigting van die Mall. Parkweg behoort oopgestel te wees teen 10:00.

Wees vertragings te wagte

Om die wegspring van die 21-km en 42-km-wedlope vanaf die beginpunt in Langstraat, via Hopestraat na die lughawepad-sirkel te akkommodeer, sal vertragings voorkom op alle roetes wat deur die sirkel gaan, veral tussen 07:00 en 07:20.

Enkelbaanverkeer sal vanaf 06:00 geld op die hele OCC-roete, van Carpe Diem-skool tot by die omdraaipunt agter Eden Meander, en verkeersbeamptes sal verkeer beheer om atlete te laat verbygaan. Passasiers moet dus vertragings op alle roetes te wagte wees. Yorkstraat vanaf die sirkel by Eenheidspark tot by Churchillstraat behoort teen 10:00 terug te keer na normaal; vanaf Churchillstraat tot by Uniestraat sal enkelbaanverkeer tot 11:30 van toepassing wees.

Passasiers word aangeraai om ‘n vroeĆ«r bus te neem om te verseker dat hulle betyds vir werk opdaag, terwyl GO GEORGE ook ‘n beroep op werkgewers doen om begrip en geduld te toon indien enige werkers ‘n bietjie laat kom.

Vir meer inligting, skakel asseblief die GO GEORGE inbelsentrum by 0800 044 044, of besoek die GO GEORGE Facebook-blad vir besonderhede.

GO GEORGE roetekaart OCC 2020
Hierdie roetekaart toon die herleide busroetes asook die OCC-roete wat vanjaar van toepassing sal wees.

Latest news