GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE hou Covid-veiligheidsboodskap lewendig

Covid digitale boodskap op die bus
Tyron Jeyi, pas aangestelde gemeenskapskakelbeampte in die kommunikasiespan, beduie na die digitale inligtingsbord in die bus waar inligting soos die volgende bushalte op die roete vertoon word. Belangrike Covid-veiligheidsboodskappe wat met gedrag op die bus verband hou, is nou by die lys gevoeg.

Met ‘n noodsaaklike diens soos die GO GEORGE-busdiens wat amptelik as ‘n hoë-risikogebied vir die verspreiding van die Covid-19-virus geklassifiseer is, is die konstante verfrissing van veiligheidsboodskappe om bewustheid en nakoming van regulasies te bevorder uiters belangrik.

“Daar is altyd die risiko dat mense te gerus kan raak wanneer ‘n situasie voortsleep soos wat met die pandemie die geval is,” sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder. “Om hierdie rede kom ons kommunikasiespan voortdurend met nuwe kreatiewe idees en innoverende vorms van kommunikasie vorendag om soveel as moontlik van ons passasiers te bereik, en met ‘n boodskap waarmee hulle kan identifiseer.”

Oudio- en visuele boodskappe

Benewens gereelde koerant- en radio advertensies en sosiale-media-aanmanings om aan die regulasies te voldoen, word stemopnames gedurende spitstye oor luidsprekers by die Vervoerkern (Transport Hub) gespeel, en is Covid-veiligheidsboodskappe op die digitale inligtingsbord in die bus bygevoeg. Met passasiers wat daagliks ‘n taamlike tydjie by die busskuilings deurdring, is vinielpanele wat die boodskap oordra ook daar aangebring, waar almal dit kan sien. Deur beide klank- en visuele boodskappe in te sluit, bevestig die busdiens sy verbintenis om hierdie belangrike boodskap toeganklik te maak vir mense met verskillende kategorieë van spesiale behoeftes.

“Wandelende aanmaners”

Die passasiersdiensbeamptes het twee stelle opvallende uitrustings met Covid-boodskappe om te dra wanneer hulle aan diens is.

“Dit neem soms net iemand met ‘n heldergeel band skuins oor die lyf – soos ‘n skoonheidskoningin – om jou te herinner om jou masker oor jou neus ook op te trek!” sê Robb.

Leerders geteiken

Met skole wat vandeesweek begin, is passasiersdiensbeamptes by die bushaltes naby skole om pamflette met relevante veiligheidsmaatreëls wat op die busse geld, uit te deel. ‘n Kleurvolle superheld genaamd “The Sanitiser” maak hierdie week sy debuut as deel van die kommunikasiespan en ontsmet die leerders se hande op ‘n speelse wyse met ‘n speelgoedwaterpistool vol handreiniger. Om die boodskap te laat vassteek, word klein botteltjies handreiniger ook uitgedeel.

Vir enige inligting oor die busdiens word die publiek genooi om die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel, sewe dae per week.

Passasiersdiensbeamptes dra Covid-veiligheidsboodskappe
Passasiersdiensbeamptes Zanele Gosa (links) en Janell Gelant vertoon voorbeelde van die klere met Covid-veiligheidsboodskappe wat hulle dra wanneer hulle met die publiek skakel.

Latest News

• Distance travelled since inception: 38 246 603 km
• Bus trips operated since inception: 2 473 683
• Current route network: 33 routes - 142 km
• Passenger trips since inception: 34 798 088
• Average passenger trips per month over the last year: 448 639
@george_mun

Today we celebrate International Day for Older Persons
Let us protect and respect our elderly for the important contribution they have made to our society!
@george_mun

Load More