GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE neem Slimkaart na die mense

Smart Card mobiele minibus
Smart Card mobiele trok
Die twee GO GEORGE Slimkaart-mobiele voertuie is letterlik Slimkaartkiosks op wiele. Die minibus en vragmotor is duidelik gemerk en sal maklik raakgesien word waar dit parkeer. Albei bied presies dieselfde dienste: die verkoop van Slimkaarte en hantering van kaartprobleme, sowel as die herlaai van ritte.

 

Met die nuwe GO GEORGE Slimkaart wat vanaf 15 Oktober 2018 te koop sal wees, word George-inwoners aangemoedig om hul kaarte betyds te kry vir 15 November, die groot dag wanneer passasiers sal begin om die kaart op die bus te gebruik.

Bykomend tot die vier permanente Slimkaartkiosks en een tydelike kaartverspreidingspunt, sal twee Slimkaart-mobiele voertuie vanaf 15 Oktober na verskillende dele van die dorp ry volgens ’n vaste weeklikse skedule. Hierdie is ’n permanente diens wat nie net Slimkaarte sal verkoop nie, maar ook die herlaaidiens sal neem na passasiers wat nie dikwels by die kiosks of Slimkaartherlaaipunte kan uitkom nie.

“Ons besef dat nie alle passasiers by ’n kiosk kan uitkom nie. Om te verseker dat hierdie stelsel tot al ons passasiers se voordeel sal wees, beweeg ons dus in ons gemeenskappe in met ons mobiele voertuie,” sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder.

“Die Slimkaart- mobiele voertuig-skedule is ontwerp om meer skofte te doen in gebiede wat nie ’n kiosk naby het nie. Die feit dat hierdie ’n vaste skedule is – aanvanklik tussen 12:00 en 20:00, sewe dae per week – beteken dat mense vooruit kan beplan om ’n voertuig op ’n bepaalde tyd by ’n bepaalde stilhouplek te besoek. As hulle eers hul Slimkaarte het, kan passasiers altyd die voertuig besoek om hul Slimkaarte te herlaai met ritte. Ons mobiele voertuie is letterlik Slimkaartkiosks op wiele en sal dieselfde dienste as die kiosks bied,” sê Robb.

Gedurende die bekendstellingstydperk sal oggende op die mobiele skedule oopgehou word vir spesiale versoeke van besighede of organisasies dat ’n mobiele voertuig ’n draai kom maak om Slimkaarte aan hul personeel te verkoop. Enige besigheidseienaar, bestuurder of skoolhoof met ’n groot aantal buspassasiers is welkom om 0800 044 044 te skakel of ’n e-pos te stuur aan info@gogeorge.org.za om ’n afspraak te reël.

Die mobiele skedule in pamfletvorm is beskikbaar by GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes en die inligtingskiosk by die George-vervoerkern (Hub), asook op die webblad www.gogeorge.org.za, of die GO GEORGE Facebook-blad.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More