PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

GO GEORGE ondersteun passasiers tydens operasionele veranderinge

23
Jul '19
Roete 14 kommunikasie
GO GEORGE-gemeenskapskakelbeampte, Simphiwe Schaap (heel links) het verlede week besoek afgelê by Laundry Express. Hy het die veldtogpamflet met 'n roetekaart en tydroosters gebruik om aan die personeel te verduidelik hoe om die tweerigtingroete op Roete 14 tot hul voordeel te gebruik. Van links is Philiswa Bandeswell, Elrich Cupido, Jo-Anne Abrahams, Anthea Hendricks en Matilda Campher.

GO GEORGE het onlangs veranderinge aan die roete van Pacaltsdorp na die industriële gebied (Roete 14) geïmplementeer en terselfdertyd ook ‘n paar bushaltes by die Protea-terminus oorkant Hypersave in Pacaltsdorp verskuif.

Volgens James Robb, GO GEORGE-bestuurder, het die passasiersdiensbeamptes ‘n week voor die veranderinge met twee goedbeplande veldtogte weggespring en word voortgesette ondersteuning en leiding steeds aan passasiers op Roete 14 verskaf.

“Min mense hou van verandering, en wanneer dit kom by iets so noodsaaklik soos jou daaglikse vervoer, besef ons almal het ‘n bekende roetine en wil net betyds by die werk aankom,” sê Robb. “Soos verwag kan word, was die eerste paar dae ‘n bietjie uitdagend ten spyte van ons beste pogings, maar ons is verbind tot die voorsiening van ingeligte passasiersdiensbeamptes by die bushaltes en op die busse totdat almal vertroud voel met die nuwe skedule. Ons gemeenskapskakelbeampte besoek ook talle besighede in die industriële gebied, groot en klein, om die impak van die uitgebreide tweerigtingroetes aan passasiers te verduidelik.”

By die Protea-terminus is drie bushaltes na die oorkant van die blok verskuif, wat lei tot ‘n effense verandering aan die roetes wat vanaf Protea vertrek, in ‘n poging om beter by die skedule te hou.

Roete 14 Pacaltsdorp – Industria het voorheen slegs soggens in albei rigtings om die sirkelroete in die industriële gebied gery, maar doen dit nou regdeur die dag. Dit gee passasiers die opsie om op ‘n bus te klim wat hulle vinniger by die werk sal kry, afhangende van waar op die sirkelroete hul bestemming lê.

Werkgewers in die industriële gebied is welkom om die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel indien hulle ‘n besoek om die veranderinge aan hul personeel te verduidelik, verlang.

ONDERSKRIF:

Latest news