PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

GO GEORGE swaar geraak deur jongste vervoeronrus

21
May '19

Passasiers se swaarkry in ag geneem, maar hul veiligheid kom eerste!

Die GO GEORGE-busdiens is die afgelope week, tussen 15 en 20 Mei 2019, swaar geraak deur onrus in taxi-geledere in George. Dit het onder meer intimidasie van GO GEORGE-personeel en – passasiers, veiligheidsdreigemente en blokkering van busse in die vervoerkern van George ingesluit. Om die veiligheid van passasiers en personeel te verseker, was dit nodig om die diens soms te onderbreek, te beperk of op te skort.

Die GO GEORGE-bestuur is baie bewus van hoe swaar passasiers kry wie se enigste vervoermiddel hierdie is, terwyl ons ook die negatiewe impak daarvan op besighede en skole waar leerders pas met eksamen begin het, terdeë besef.

Die besluit deur die relevante owerhede om diens op sekere tye op te skort of te beperk is baie moeilik om te neem. Die veiligheid van passasiers en personeel is egter top prioriteit wanneer die risiko bereken word teen die agtergrond van vorige gewelddadige optrede deur ontevrede lede van die taxibedryf. GO GEORGE simpatiseer met elke persoon wat deur die situasie verontrief is en bly daartoe verbind om die beste diens te lewer as wat veilig moontlik is.

Die regering en die George-munisipaliteit werk hard om die kwessies op te los, maar kan nie ingee aan die eise om nie die landswette op die paaie toe te pas nie.

GO GEORGE vra verskoning vir die ongerief, spesifiek waar dienste op kort kennisgewing ingekort of opgeskort is aangesien die veiligheidsitutasie op grondvlak voortdurende aan die verander is. Ons bedank ook alle werkgewers vir hul begrip en empatie jeens hul werknemers gedurende die onlangse vervoerkrisis – ook almal wat ingespring en alternatiewe vervoer help voorsien het. Ons versoek passasiers en werkgewers om steeds die inbelsentrum op 0800 044 044 te skakel, of GO GEORGE op facebook te volg vir die jongste nuus.

Latest news