PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

GO GEORGE-ure en -skedules gedurende vakansieseisoen

15
Dec '20
Dieketseng maak venster oop
Dieketseng Mosesane is toesighouer oor die GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes en verduidelik hier aan passasiers dat die busvensters ter wille van vrye lugvloei oopgehou moet word, aangesien dit help om die verspreiding van die koronavirus te bekamp.

Alle GO GEORGE-dienste sal regdeur die vakansie voortgaan, met spesiale voorsiening vir kliënte en werknemers by die Garden Route Mall en Eden Meander-winkelsentrums waar verlengde besigheidsure geïmplementeer sal word.

Later busse by Garden Route Mall

Op weeksdae, van 14 tot 30 Desember, sal die laaste twee ritte van die dag op Roete 12 Pacaltsdorp – Garden Route Mall met 10 minute uitgestel word om passasiers te akkommodeer wat tot 19:00 werk tydens die feesseisoen. Die 19:00-rit na Pacaltsdorp sal om 19:10 vertrek, en die 19:20-rit om 19:30.

Openbare vakansiedae

Busse sal op al die openbare vakansie – 16, 25 en 26 Desember sowel as 1 Januarie – die Saterdagskedule volg.

Enigiemand wat hulp benodig met ritbeplanning is welkom om die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel – die agente neem oproepe van 05:00 tot 20:00, sewe dae per week, regdeur die vakansieseisoen.

Covid-19-veiligheid

Passasiers word weereens daaraan herinner om te voldoen aan die eenvoudige maar doeltreffende Covid-19-veiligheidsmaatreëls wat op die bus vereis word: die dra van ‘n masker wat beide die mond en neus bedek, ontsmet of was van hande, handhawing van ‘n veilige afstand waar moontlik, oop busvensters vir goeie ventilasie, nies of hoes in ‘n geboë elmboog, om nie bus te ry wanneer jy siek is nie, buite spitstye te ry, en om nie die bus te gebruik vir nie-noodsaaklike ritte nie.

Latest news