GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE-ure en -skedules gedurende vakansieseisoen

GO GEORGE buses en route
Die GO GEORGE-busdiens sal normaal funksioneer gedurende die vakansieseisoen, met aanpassings om passasiers wat later as gewoonlik werk, te akkommodeer.

Alle GO GEORGE-dienste sal regdeur die vakansie voortgaan, met spesiale voorsiening vir kliënte en werknemers by die Garden Route Mall en Eden Meander-winkelsentrum waar verlengde besigheidsure geïmplementeer sal word.

Later busse by Garden Route Mall

Op weeksdae, van 17 tot 20 Desember asook op 23 en 27 Desember, sal die diens op Roete 12 Pacaltsdorp – Garden Route Mall uitgebrei word met ekstra ritte om passasiers te akkommodeer wat tot 19:00 sal werk tydens die feesseisoen. Die 19:00-rit word aangeskuif na 19:10, met nog twee ritte wat om 19:20 en 19:50 vertrek.

Openbare vakansiedae

Busse sal op 16 Desember en 1 Januarie volgens die Saterdagskedule loop. Op Kersdag, 25 Desember, sowel as op 26 Desember, sal die Sondagskedule gevolg word.

Enigiemand wat hulp benodig met ritbeplanning is welkom om die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel – die agente neem oproepe van 05:00 tot 21:30, sewe dae per week, regdeur die vakansieseisoen.

Latest News

IT'S OUR 9th BIRTHDAY TODAY!
Join us in celebrating by taking a birthday photo at the Transport Hub!
Enjoying the festivities are Emmanuel Brits (16 months), mom Marsha Brits, and Sophie Tee. 🥳🤩
@george_mun

IT'S OUR 9th BIRTHDAY TODAY!
Join us in celebrating by taking a birthday photo at the Transport Hub!
Clayton Konstabel and Reanay Marnewick wished GO GEORGE a Happy Birthday 🥳🤩
@george_mun

Load More