PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

GO GEORGE-veldtog in middedorp skop af

4
Apr '17
Champions campaigning

’n GO GEORGE-kommunikasieveldtog tot voordeel van passasiers wat bushaltes in die middedorp gebruik, het hierdie week begin. Die span inligtingsbeamptes (champions) deel GO GEORGE-inkopiesakke uit, asook pamflette waarin passasiers se samewerking om ’n kultuur van wedersydse respek tussen gebruikers van die busdiens te skep, gevra word. Kwessies wat aangespreek word sluit in: rommelstrooiing, die gebruik van alkohol en dwelmmiddels, inkopiewaentjies, respek vir die eiendom van aanliggende besighede, die gebruik van toilette, geraas en kru taal. Om die veldtog af te skop, het gelukbringer Georgie Maandagmiddag ’n draai gaan maak by die middedorp-bushaltes waar hy deur entoesiastiese passasiers begroet is en uiteraard moes poseer vir foto’s. Hier is, van links, Nomhle Tshikolo (inligtingsbeampte), Elvinia Erasmus van Pacaltsdorp met baba Diego, Nomakhaya Kapayi (inligtingsbeampte), Desmorney Fredericks van Pacaltsdorp, Georgie, Nomalizo Linda (inligtingsbeampte) en Thandi Mateke (inligtingsbeampte).

Latest news