GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE-webblad praat nou met jou

ReadSpeaker nou beskikbaar op Go George
Hierdie visueelgestremde webbladgebruiker was baie beïndruk met die nuwe oudio-diens op die GO GEORGE-webblad. Gebruikers kan ReadSpeaker aanpas by hul behoeftes in terme van leesspoed, volume en die verligting van teks, en bied ook ’n opsie om die item in mp3-formaat af te laai.

As deel van die strewe om so gebruikersvriendelik en toeganklik moontlik vir alle lede van die publiek te wees, het GO GEORGE nou die ReadSpeaker-toepassing op hierdie webtuiste, www.gogeorge.org.za, geïnstalleer.

Hierdie spesiale diens verskaf ’n duidelik hoorbare oudio-weergawe van webbladinhoud deur op ’n knoppie langs al die Engelse items te kliek. Die diens sluit geen ander inheemse tale in nie.  Gebruikers kan die toepassing aanpas by hul behoeftes in terme van leesspoed, volume en die verligting van teks, en bied ook ’n opsie om die item in mp3-formaat af te laai. ReadSpeaker is aanpasbaar by skermlees-sagteware en ander toeganklikheidstoerusting wat deur mense met beperkte sig gebruik word. Dit het egter ’n baie breër toepassing as net vir die algemeen-aanvaarde gesiggestremdhede, aangesien dit verbeterde toegang tot inligting vir ongeletterdes ook bied.

Volgens Jeremy Opperman, bestuurder van die gestremdheid-lessenaar van die Wes-Kaapse regering, is ReadSpeaker ’n nuttige gerief waarby alle gebruikers van die webblad baat. “Die GO GEORGE-webblad is oor die algemeen baie toeganklik vir blinde gebruikers.

Ek het glad nie gesukkel om deur die webtuiste te blaai nie en kon maklik by die skakels wat verskaf word, uitkom. Die ReadSpeaker-diens voeg ’n ekstra vlak van gerief toe tot die gebruiker se ervaring van die blad,” sê Opperman, wat self beperkte visie het. “Baie geluk aan GO GEORGE dat julle nie net aandag gee aan die toeganklikheid van die busstelsel nie, maar ook aan die webblad.”

Latest News

• Distance travelled since inception: 38 246 603 km
• Bus trips operated since inception: 2 473 683
• Current route network: 33 routes - 142 km
• Passenger trips since inception: 34 798 088
• Average passenger trips per month over the last year: 448 639
@george_mun

Today we celebrate International Day for Older Persons
Let us protect and respect our elderly for the important contribution they have made to our society!
@george_mun

Load More