GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Jy moet die regte bedrag reghou

Die GO GEORGE-span vra voortdurend in die koerant, oor die radio en op Facebook dat passasiers asseblief die regte bedrag vir hul buskaartjies moet saambring. Daar is ‘n paar baie goeie redes vir hierdie versoek.

In die eerste plek word passasiers aange-moedig om hul kaartjies liewer vooraf by een van die GO GEORGE-verkoopspunte te koop om tyd te bespaar wanneer hulle op die bus klim. Indien dit nie vir jou moontlik is nie, gaan jy help om die busdiens op skedule te hou deur dan die regte bedrag – tans is dit R8.50 vir ‘n enkelkaartjie – gereed te hou vir die bus-bestuurder wat die kaartjies in die bus verkoop. As hy vir elke passasier moet kleingeld uitkeer, gaan jy baie langer in die ry staan as wat nodig is.

Dit veroorsaak ‘n ekstra probleem wanneer passasiers ‘n groot noot soos ‘n R50 of R100 aanbied. Om veiligheidsredes kan die bestuurder nie met groot hoeveelhede kleingeld rondry nie, en een of twee sulke transaksies kan sy kleingeld vir die skof gou uitput.

Vir ‘n volledige lys van kaartjieverkoops-punte, besoek www.gogeorge.org.za, of besoek die GO GEORGE-blad op Facebook waar ons ook vandag die lys publiseer.

Latest News

YOUR SAFETY IS OUR CONCERN - BOARDING THE BUS
Please let elderly people or passengers with special needs get on the bus first.
@george_mun

WHAT A WONDERFUL DAY IT WAS!
Thank you for celebrating our 9th birthday with us and coming to say hello at the Hub or singing us a birthday song on the bus!
GO GEORGE thanks every single person who keeps the wheels rolling, day after day, year after year!
@george_mun

Load More