GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Kaartjies nou geldig vir alle ritte binne een uur

GOEIE NUUS! Een passasier, een kaartjie, een uur, in alle rigtings.

‘n Welkome aankondiging vir die gemeen-skap van George. Tot nou toe was die enkel-buskaartjies geldig vir een uur, maar net in een rigting, sodat jy ’n nuwe kaartjie moes koop vir retoerritte.

GO GEORGE-tariewe is tans gebaseer op afstand en R8.50 vir ‘n enkelkaartjie dek ’n af-stand van 15 km.

Ons het egter agtergekom dat baie passasiers nodig het om oor te klim op busse wat vertolk kan word as ’n terugreis in die rigting waar-vandaan hulle kom. Ons het na hierdie terug-voer geluister, en totdat GO GEORGE ’n meer gesofistikeerde of slimkaartstelsel kan instel, vereenvoudig ons die proses.

Een passasier met een kaartjie sal toegelaat word om in enige rigting in die dorp te reis, vir een uur nadat die kaartjie geknip is.

Dit beteken dat jy jou kind by die skool kan aflaai en met dieselfde kaartjie kan terugreis huis toe, solank dit alles binne een uur ge-beur.

Vir enige navrae, skakel die GO GEORGE-inbelkantoor by 0800 044 044.

Latest News

YOUR SAFETY IS OUR CONCERN
Do not extend your legs or personal belongings into the aisle - this can cause someone to trip and fall.
Do not extend your legs or personal belongings into the aisle - this can cause someone to trip and fall.
@george_mun

Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card. You can top up at any of the GO GEORGE Smart Card kiosks, at a mobile kiosk parked near you, or at more than 100 top-up vendors all over town.
@george_mun

Load More