GO GEORGE-personeel geniet dit altyd om op Mandela-dag omgee en deernis te toon deur van hul tyd aan die gemeenskap te gee.
Vanjaar het Covid-19-inperkings en veiligheidsmaatreëls sake egter ‘n bietjie ingewikkeld gemaak, maar dit was geen rede nie om die harte (en knieë) van sommige bejaarde inwoners warm te maak nie! ‘n Knus kniekombers vir elke inwoner is op Mandela-dag by die Rosemoor-ouetehuis afgelewer, en hoewel die beloning van persoonlike kontak met bejaardes nie hierdie keer moontlik was nie, het GO GEORGE-personeeldiensbeamptes die skenking aan personeellede van die ouetehuis gaan oorhandig, terwyl hulle veilige sosiale afstand gehou het.
Nog ‘n groep personeeldiensbeamptes het besige bushaltes regoor die dorp besoek en plastiese GO GEORGE-reënponcho’s onder passasiers uitgedeel.