GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Multirit-aankope op Slimkaart heelwat goedkoper

Lig passasiers in
Spanne GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes beweeg tans tussen passasiers om hulle in te lig oor die voordele van die aankoop van groter bondels ritte op 'n slag. Hier luister passasiers aandagtig na Nomsa Ginyigazi wat die potensiële besparings verduidelik terwyl hulle op ’n veilige afstand van mekaar wag vir hul bus in Cradockstraat.

Om bundels met 10 of meer ritte te koop, is die slim keuse wanneer jy jou Slimkaart herlaai – dit is baie goedkoper én boonop geriefliker. Herlaai voordat jy geen ritte op jou kaart oor het nie, en doen dit wanneer jy nie haastig is om by die werk of skool te kom nie.

Dit is die kernboodskap van die GO GEORGE-kommunikasiespan tydens hul huidige bewusmakingsveldtog om passasiers te ontmoedig om slegs een dag se ritte op ’n slag op hul kaarte te laai.

Goedkoper hoe meer jy koop

Slimkaartritte wat in bondels van 10 of meer gekoop word, kos R10 per rit, enkelritte kos R12, en bondels van twee tot agt ritte kos R11 per rit. ‘n Passasier wat die bus ses dae per week gebruik, kan tot R104 per maand bespaar deur bondels van 10 ritte en meer te koop, pleks van een rit op ‘n slag op die kaart te laai.

Ritte op die Slimkaart verval nooit nie, dus is daar geen risiko om ritte te verloor nie, selfs al gebruik jy die bus nie gereeld nie.

Herlaai betyds

Passasiers word aangeraai om nie te wag totdat hulle geen ritte oor het op hul Slimkaarte nie. Om op jou pad werk of skool toe te herlaai, kan frustrerend wees wanneer die rye lank is, of wanneer iets onvoorspelbaars soos beurtkrag verhoed dat die verkoper of kiosk op daardie tydstip ritte kan verkoop. Dit sal beter wees om buite spitstye te herlaai op ‘n tyd wanneer jy nie jaag om betyds by jou bestemming te wees nie.

Slimkaartkioks is oop vanaf 05:00 tot 20:00 en is geleë by die George Vervoerkern (Hub) in Cradockstraat, langs die burgersentrum in Yorkstraat, by die Blanco-driehoek en by die Garden Route Mall. Die kiosks verkoop Slimkaarte én herlaai kaarte met ritte.

Die netwerk van herlaaipunte in besighede regoor die dorp herlaai slegs kaarte. Kyk uit vir die “GO GEORGE vendor”-borde, of vir ’n volledige lys van alle herlaaipunte, besoek die GO GEORGE Facebook-blad of skakel die inbelsentrum by 0800 044 044. Agente is van 05:00 tot 20:00, sewe dae per week aan diens. Navrae kan ook per e-pos gestuur word aan info@gogeorge.org.za.

 

Champions in Blanco
Die GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes gebruik ‘n plakkaat wat die verskillende Slimkaartritbondels en hul koste uitbeeld terwyl hulle tussen passasiers rondbeweeg. Hier verduidelik Veronique Ruiters die besparings en gerief van multiritaankope aan passasiers by die Blanco-driehoek.

Latest News

IT'S OUR 9th BIRTHDAY TODAY!
Join us in celebrating by taking a birthday photo at the Transport Hub!
Enjoying the festivities are Emmanuel Brits (16 months), mom Marsha Brits, and Sophie Tee. 🥳🤩
@george_mun

IT'S OUR 9th BIRTHDAY TODAY!
Join us in celebrating by taking a birthday photo at the Transport Hub!
Clayton Konstabel and Reanay Marnewick wished GO GEORGE a Happy Birthday 🥳🤩
@george_mun

Load More