Dit spyt GO GEORGE dat ‘n verdere verkorting van bedryfsure op vlak 4 gister ingestel moes word. Hierdie opdrag is Saterdagoggend van die Nasionale Departement ontvang, en bepaal dat ALLE PASSASIERS TEEN 19:00 AFGELAAI MOET WEES.
Dit is een uur vroeër as wat die geval op vlak 5 was.
Ons is deeglik bewus van die uitdagings wat dit vir passasiers en werkgewers veroorsaak en is in gesprek met die Nasionale Departement om hierdie veranderinge te hersien. Ons hoop om binne ‘n paar dae duidelikheid te hê.