PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

GO GEORGE berei gemeenskap voor vir busdiens

11
Mar '20
October gesin van Borcherds
GO GEORGE-passasiersdiensbeampte Khadija Luangula het vir die October-gesin van Borcherds verduidelik hoe die busse en stelsel voorsiening maak vir mense met spesiale behoeftes. John is bedlêend en gebruik ‘n rolstoel en sy vrou, Magdalene (heel links) en dogter Veronique (heel regs) is baie opgewonde oor die vooruitsig dat hy die busvervoer saam met hulle sal kan gebruik.

Die lang wag vir die busse is amper verby – inwoners van Parkdene, Ballotsview, Conville, Borcherds en Lawaaikamp sal komende Sondag, 22 Maart 2020, die busse by hul woonbuurte sien indraai.

So ver hulle oor die afgelope week aan deure geklop het, is die GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes (champions) met groot opgewondenheid en afwagting ontvang, met families wat hulle innooi om hul begrip en kennis van die stelsel te verfris, en te verduidelik hoe om by hul bestemmings uit te kom.

Spesiale poging om Slimkaart by mense uit te kry

Om die uitrol van Fase 4B te vier, sal passasiers regoor die stelsel gratis bus ry van 22 tot 24 Maart as hulle hul Slimkaarte toon met die opklimslag.

Slimkaarte kan gekoop word by vaste Slimkaartkiosks by die Vervoerkern (Transport Hub) in Cradockstraat in die middedorp, die Garden Route Mall, Blanco-driehoek en in Yorkstraat, sowel as twee mobiele Slimkaartvoertuie wat in al die gebiede parkeer waar die busdiens ontplooi is. Dit is volgens ‘n vaste skedule wat nou uitgebrei is om die fase 4B-woonbuurte ook in te sluit.

Slimkaarte kan herlaai word by hierdie kiosks en voertuie, sowel as by GO GEORGE Slimkaartherlaaipunte regoor die dorp. Herlaaipunte binne die fase 4B-gebied word tans gewerf en sal bekendgemaak word sodra hulle gereed is om sake te doen. Duidelik sigbare kennisgewingborde buite hierdie besighede sal ook aandui dat hulle herlaaipunte is.

Bystand vir nuwe passasiers

Die passasiersdiensbeamptes sal van die heel eerste dag af by die bushaltes en op die busse wees om passasiers by te staan en vertroud te maak met die nuwe manier van reis regoor die dorp, op ’n geskeduleerde busdiens.

Skakel gerus die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 vir meer inligting.

Latest news