Besonderhede van tye, roetes en betaalmetodes
GO GEORGE sal ‘n ingekorte diens verskaf op die meeste van die hoofroetes, gefokus op noodsaaklike dienste-personeel. Dit sal wees van 05:00 – 09:00 en 16:00 – 20:00 daagliks, in lyn met die Minister van Vervoer se opdrag.
Agt roetes
Twee groot busse sal geskeduleer word om elke halfuur vanaf elk van die volgende hooflynroetes se hoofterminale te vertrek, met die eerste ritte 05:00 in die oggend en 16:00 in die middag. Die laaste busse sal uit die middedorp vertrek om 08:30 op die oggendskof, en om 19:00 in die aand.
• 1A New Dawn Park-CBD – vertrek vanaf Protea
• 1B Harmony Park-CBD – vertrek vanaf Protea
• 60A Syferfontein-Rosedale-CBD – vertrek vanaf Battalion-halte
• 2 Blanco-CBD – vertrek vanaf Blanco-driehoek
• 7 CBD-Mall – vertrek vanaf die Garden Route Mall
• 9 Industrial Loop – eerste rit vertrek 05:30 vanaf die middedorp
• 15 Parkdene-CBD – vertrek vanaf Parkdene High-halte
• 53B ROSEMOOR-CBD (Express) – vertrek vanaf Garden Route Mall
Beperkte kapasiteit
Om die aantal passasiers op elke bus te beperk, sal geen staande passasiers toegelaat word nie. Passasiers word versoek om een sitplek oop te hou langs hulle, en om eerder te wag vir die volgende bus wat binne 30 minute sal kom om soveel spasie as moontlik tussen passasiers te hou.
Betaalmetode
Alle Slimkaartkiosks sal gesluit word. Passasiers wat kaarte het, moet hul Slimkaarte gebruik en so ver moontlik ritte herlaai voor die inperking van krag word. Sekere besighede wat herlaaidienste bied sal onder noodsaaklike diensverskaffers val en sal nog steeds ritte herlaai tydens die inperking. Kontantritte op die bus sal toegelaat word, maar almal behoort die hantering van kontant ten alle koste te vermy en hul hande daarna te was.
Passasiersondersteuning
All GO GEORGEinligtingskiosks sal gesluit word. Die inbelsentrum sal daagliks van 05:00 tot 20:00 operasioneel wees en kan op 0800 044 044 geskakel word. Die jongste nuus rakende dienslewering sal beskikbaar wees op die GO GEORGE Facebook-blad en hier op ons webwerf.