GO GEORGE sal roete 56 Denneoord – CBD herlei om die padopgradering in Wellingtonstraat te akkommodeer, vanaf Maandag 29 Junie tot die einde van Augustus 2020, as alles volgens plan verloop.
Roete 56 sal vir hierdie tydperk slegs in die voorwaartse rigting (roete 56F) ry. Op pad na Denneoord vanuit die middedorp, sal die roete links draai uit Cradockstraat in Courtenaystraat (pleks van oor die kruising te ry), regs in Kerkstraat, regs in Stockenströmstraat en links in Wellingtonstraat om voort te gaan soos normaal.
Enige veranderinge aan die beplande herleiding van die roete sal aan die publiek gekommunikeer word. Volg asseblief die GO GEORGE Facebook-bladsy vir die jongste bywerkings, of skakel die GO GEORGE-Oproepsentrum op 0800 044 044.