Met twee openbare vakansiedae voor die deur, vestig GO GEORGE passasiers se aandag op die skedules wat op hierdie dae gevolg sal word.
Op Vryheidsdag (Dinsdag 27 April) sowel as Werkersdag (Saterdag 1 Mei) sal die Saterdagskedule geld op alle roetes.
Vir enige navrae of hulp met ritbeplanning, skakel gerus die GO GEORGE-inbelkantoor by 0800 044 044, of besoek die GO GEORGE Facebook-blad vir die jongste nuus.